Hi drummies,
Ek hoop julle het die kamp geniet al was dit soos 'n wors masjien, ek glo julle het baie geleer en onthou dat julle volgende jaar weer'n kans het en dat julle dan meer voorbereid wees. Julle het baie goed gevaar vir 'n eerste kamp en dit stop nie hier nie. Ek hoop van harte dat julle iets geleer het en dit sal saam neem span toe. Dit was 'n tawwe sessie maar ons het hom oorleef, ek glo dat ons volgende jaargesout sal wees en dat ons met ons entoesiasme dit sal aanpak. Al wat ek weet , is dat ek vrek moeg is en dat ek vanaand lekker gaan slaap. Dankie vir julle pragtige gedrag en samewerking en vir die ouers dankie vir julleopofferings wat julle die naweek gemaak het.
Baie liefde
Tannie Charlotte
Saturday, September 1, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)